Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Elektriese toestelle by skool gesteel

Die polisie op Mothibistad het verlede Saterdag, 20 Junie drie verdagtes platgetrek op klagtes van inbraak en diefstal.

Dit kom nadat ‘n skool in die omgewing sake van inbraak en diefstal by die plaaslike polisiestasie aangemeld het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat ‘n wenk van die gemeenskap gelei het tot die arrestasie van die verdagtes.

Ramatseba sê die verdagtes het die skool beroof van elektriese toestelle.

Tydens verdere ondersoeke, het die polisie ander voorwerpe soos ‘n waterpomp en ‘n sonpaneel ontdek.

Die gesteelde goedere is gekoppel aan ander voorvalle van huisbraak en diefstal, wat ook by die Mothibistad-polisiekantoor aangemeld is.

“Die totale waarde van die verhaalde items is ongeveer R188 000.”

Die items is op verskillende plekke deur die polisie ontdek.

Die polisie het al drie verdagtes suksesvol in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes sal binnekort voor die Mothibistad-landdroshof verskyn op klagtes van inbraak en diefstal.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES