Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Opvolg: Tsehgofatso Pule moord-saak uitgestel
Foto: Verskaf

Die verdagte wat vir die 28-jarige Tsehgofatso Pule se moord in hegtenis geneem was, het onlangs in die landdroshofhof op Roodepoort verskyn.

Die saak is uitgestel tot Julie vanjaar.

eNCA het berig dat Mzikayise Malepane vanuit ‘n korrektiewe fasiliteit op kamera verskyn het en bewerings lui dat hy R70,000 betaal is vir die moord op Pule.

Pule se lyk is vroeër vandeesmaand in ‘n oop veld in Durban Deep, Roodepoort, gevind.

Sy was vermoedelik deur die verdagte aan die boom gehang.

Pule se dood is een van vlaag moorde op vroue en kinders tydens die COVID-19 nasionale staatsinperking.

Sleutelbordkrygers het weereens op sosiale media groot herrie oor geslagsgebasseerde geweld in die land gemaak.

“Hierdie voorval en andere,  het dus daartoe gelei dat die land die regering dwing om meer aandag te gee aan Suid-Afrika se vroueklagkrisis.”

Die land se geslagsgebaseerde geweld-syfer is reeds baie hoog, veral tydens hierdie COVID-19 pandemie en moet dus as een van die regering se “hoof-prioriteite” prioriteite gesien word.

Hierdie kommerwekende statistieke moet minimaliseer word en oortreders moet die volle mag van die wet in die gesig staar.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES