Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Rower verskyn in hof vir diefstal
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

‘n 25-Jarige man is verlede Saterdagaand, 20 Junie in hegtenis geneem op ‘n klag van diefstal, ure nadat die rooftog vroeër die dag plaasgevind het in Groenstraat, Kimberley.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê dat die twee verdagtes ‘n vrou van haar handsak beroof het.

Die twee het daarna die pad gevat.

Kock sê dat die polisie inligting opgevolg het wat gelei het tot die inhegtenisneming van èèn verdagte.

“Die tweede verdagte is steeds op vrye voet.”

Die 25-jarige verdagte het op Maandag, 22 Junie in die landdroshof in Kimberley verskyn.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES