Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Verkragter kry agt jaar agter tralies
Illustrasie Foto: deur Kat J op Unsplash

Francios Chobeng (24) is Maandag 22 Junie in die streekhof op Barkley-Wes 8 jaar gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van 46-jarige vrou.

Die voorval het alreeds in Desember 2015 op Delportshoop in die Noord-Kaap plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê Chobeng was ‘n vriend van die slagoffer se seun.

Chobeng het onder valse voorwendsels toegang tot die slagoffer se woning gekry, blykbaar opsoek na sy vriend.

Die provinsiale polisie verwelkom die vonnis.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES