Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Duo in hof vir gesteelde koperkabels
Foto: Verskaf

Twee verdagtes is gister op Garuele in hegtenis geneem op klagtes van diefstal van koperkabels.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê dat die polisie inligting ontvang het wat gelei het tot die inhegtenisneming

Tydens die polisie se ondersoeke het drie verdagtes daarin geslaag om te ontsnap.

Ramatseba sê die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur vir hul inhegtenisnemings.

Die polisie het ‘n Nissan-dubbelkajuit-bakkie van die verdagtes gekonfiskeer omdat dit in die pleging van ‘n misdryf gebruik is.

Die twee verdagtes sal na verwagting vandag hul verskyning in die plaaslike landdroshof maak.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES