Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Veediewe steel 15 beeste op Onseepkans
Foto: Verskaf

Twee verdagtes is gister in hegtenis geneeem deur lede van die Springbok-eenheid vir veediefstal.

Daar word beweer dat 15 beeste in die omgewing van Onseepkans gesteel is nadat vier gevalle van veediefstal op die dorp aangemeld is.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die verdagtes het die beeste na Upington vervoer en geld ingevorder het.

Daar word verder beweer dat sommige vee-eienaars nie bewus was daarvan, dat hul vee gesteel is nie.

Die gesteelde beeste is deur hul eienaars geïdentifiseer.

“Die verdagtes sal Maandag, 29 Junie, voor die Pofadder-landdroshof verkyn op ‘n klag van veediefstal.”

Die polisie-ondersoek duur voort.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES