Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

19-Jarige vas vir poging tot moord
Illustrasie Foto: Josh Hild on Unsplash

Die polisie op Roodepan ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat ‘n 19-jarige seun na bewering sy vriend in die nek gesteek het verlede Vrydag.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Dimakataso Mooi het bevestig dat twee 19-jarige seuns ‘n argument gehad het.

“Die argument tussen die twee tienerseuns het gelei daartoe dat die een die ander in die nek steek.”

Die 19-jarige slagoffer sterk tans aan in die plaaslike hospitaal.

Die verdagte is in hegtenis geneem op ‘n klag van poging tot moord.

Die polisie se ondersoek duur voort en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES