Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Toename van 30 COVID-19 gevalle in die Noord-Kaap
Foto deur pixpoetry op unsplash

Die totale getal mense wat positief getoets het vir die COVID-19 koronavirus in die Noord-Kaap het toegeneem vanaf 355 tot 385.

Die aankondiging was gemaak deur die minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, met ‘n toename van 30 mense wat positief getoets het vir COVID-19.

Dit is as gevolg van die volgende toevoegings en toekennings:

  • ‘n 27-Jarige vrou van Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.
  • Twee mense, ‘n 46-jarige vrou en ‘n 52-jarige man van die Ga Segonyana Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik.
  • Twee mense, ‘n 40-jarige vrou en ‘n 40-jarige man van Gamagara Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik.
  • ‘n 32-Jarige man van die Hantam Plaaslike Munisipaliteit in die Namakwa-distrik.
  • ‘n 56-Jarige vrou van die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Vier mense, ‘n 9-jarige seun; 22-jarige vrou; 24-jarige vrou; 48-jarige man van die Kareeberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • ‘n 18-Jarige persoon van die Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik
  • ‘n 2-Jarige kind van Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Twee mense, 10-jarige meisiekind en ‘n 29-jarige persoon van Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • ‘n 41-Jarige vrou van Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Sestien mense, 7-jarige seun; 12-jarige dogter; 22-jarige man; 28-jarige vrou; 30-jarige vrou; 31-jarige vrou; 31-jarige vrou; 33-jarige vrou; 34-jarige man; 38-jarige vrou; 45-jarige vrou; 48-jarige man; 56-jarige man; 58-jarige vrou; 63-jarige man; 79-jarige man van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.

Een persoon wat verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegewys is, is herverdeel na ‘n ander provinsie.

Een persoon wat ‘n duplikaat in die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes se lys was, is van die lys verwyder.

Die getal mense wat as herstel beskou word, is 186.

Die nasionale COVID-19 gevalle staan op 138 134,  met ‘n toename van 6 334 nuwe gevalle wat aangemeld is.

2 456 mense het gesterf, terwyl 68 925 herstel het van die coronavirus in die land.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES