Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Vier vas vir R2 miljoen se bedreigde plante
Foto: Verskaf

Vier verdagtes tussen die ouderdomme van 19, 29, 35 en 37 jaar oud is Saterdag, 27 Junie op Sprinbok inhegtenis geneem toe hulle in besit was van bedreigde plantspesies.

Drie van die verdagtes is van die Kammieskroon-area en een van Leliefontein in die Namakwa-distrik.

‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die verdagtes probeer het om die bedreigde plantspesies aan Speurder Kaptein Karel Du Toit, ‘n lid van die Namakwa-veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid te verwkansel.

Die verdagtes is verlede Saterdagoggend omstreeks 03:00, op die N7-pad in hegtenis geneem.

Ondersoeke het bewys dat die koopprys op R600 000 vasgestel is.

Die bedreigde plantspesies se waarde beloop R2 miljoen, sê Brigadier Ramatseba.

Twee van die verdagtes is onmiddelik inhegtenis geneem en hul Ford Ranger-bakkie is gekonfiskeer.

“Die bedreigde plante, naamlik Conophytum pageae en Concavum, is ook gekonfiskeer.”

Die verdagtes sal na verwagting vandag, 29 Junie voor die Springbok-landdroshof verskyn omdat hulle die natuurbewaringswet oortree het.

Foto: Verskaf
Please follow and like us:
News, Reis en toerisme

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES