Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vrou in hegtenis na moord op kêrel
Illustrasie Foto: Sebastian Pociecha op Unsplash

Die polisie op Victoria-Wes ondersoek ‘n saak van moord na die dood van ‘n 38-jarige man.

Die man is na bewering op 26 Junie, omstreeks 19:45 vermoor deur sy vriendin.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Dimakatso Mooi het bevestig dat die slagoffer tydens ‘n argument met die verdagte in sy bors gesteek is met ‘n skerp voorwerp.

“Die man is op die tonneel deur mediese personeel dood verklaar.”

Die 26-jarige vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort voor die hof verskyn op ‘n klag van moord.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES