Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
COVID-gevalle neem toe in die Namakwa distrik
Foto deur pixpoetry op unsplash

Mev. Dina Beukes, distrikhoof van die Departement van die Gesondheid in die Namakwa distrik, het met NFM gesels in verband met die nuwe COVID-19 gevalle in diè distrik.

Sy het haar dankbaarheid teenoor die gemeenskap uitgespreek wat gereeld luister na die gesprekke wat sy voer op die radio.

“Daar is steeds mense wat nie gehoor gee aan die COVID-19 maatreëls nie, wat deur President Cyrill Ramphosa daargestel is, aan die begin van die staat van inperking in Maart vanjaar.

Dus is die dra van lap-maskers, wanneer u die huis verlaat vir werk, skool of die aankoop van essentïele produkte wat van kardinale belang is.

Die was van hande vir 20 sekondes of die gebruik van ‘n hand ontsmettingsmiddel.

Behou die sosiale distansïering, as u hoes, hoes in u elmboog en wanneer u gebruik maak van ‘n sneesdoekie, raak onmiddellik ontslae van dit”, sê Beukes.

Beukes noem dat COVID-19 is met ons en dat die getalle nog gaan toeneem.

Die departement is besig met toetse, maar persone van ander distrikte en provinsies is in die Namakwa distrik werksaam en wanneer die persone positief toets word hulle verdeel in hul betrokke distrik en provinsie.

Beukes noem dat die persone wat in diè distrik positief getoets het is op die oomblik 19.

Daar is nog geen geval aangemeld in die Richtersveld-area nie, die Kamiesberg bly op een en Karoo Hoogland het drie.

Hantam staan op vyf, Khai Ma het vyf en Nama-Khoi het vyf gevalle van die virus.

COVID-19 gevalle word as volg per dorp in die distrik verdeel; Leliefontien in die Kamiesberg-area, Calvinia in Hantam-distrik, Aggeneys, Onseepkans en Pofadder in die Khai Ma-distrik en Steinkopf, Okiep en Bergsig in die Nama Khoi-distrik.

Wanneer ‘n persoon in kontak met ‘n positief getoetsde persoon gekom het, word die persoon in kwarantyn geplaas, en wanneer positief getoets is word die persoon in isolasie geplaas.

Wanneer ‘n COVID-19 geval by ‘n openbare plek aangemeld word, sal die plaaslike owerhede eerste kennis dra hiervan.

Die spesifieke plek sal dan eers gedekontamineer word voordat mense mag terugkeer.

Na dekomtaminasie, sal ‘n sertifikaat uitgereik word wat verklaar dat die gebou COVID-19-vry is.

Werkers moet dan afgebaken word in hul werks-omgewing.

As virusse dus uitbreek kan dit gelokaliseer word en onder beheer gebring word.

“In die geval van die werknemer wat positief getoets het vir COVID-19 in Checkers op Springbok, word elke onmiddellike kontak, mee ‘n onderhoud gevoer om vas te stel wat was die persone se aktiwiteite in ‘n sekere tydstip.”

Daar is duidelikheid oor die Checkers geval, en sy het genoem dat die infeksie nie in Checkers plaasgevind het nie.

Die virus het verskillende leeftye op verskillende oppervlaktes.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mhkezi, het gisteraand aangekondig dat die totale aantal mense wat positief in die Noord-Kaap getoets het vir COVID-19, toegeneem het vanaf 386 tot 404.

Dit is die gevolg van die volgende toevoegings en toekennings:

  • ‘n 36-Jarige man van die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Ses mense, 27-jarige vrou; 13 jarige dogter, 32; 33; 39; en 57-jarige manne; van die Sol Plaatje plaaslike munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Vyf mans, (31; 33; 55; 43) en ‘n 44-jarige vrou van die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik.
  • ‘n 73-jarige Man van die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Twee mense, ‘n 24-jarige vrou en 18-jarige persoon van die Kareeberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik
  • ‘n 19-Jarige vrou van die Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik
  • ‘n 23-Jarige vrou van Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Twee vroue, (29; 38) van die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES