Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Gesondheidswerkers op Upington in hegtenis vir diefstal
Foto: Verskaf

Die polisie op Upington het op Sondag ‘n algemene werker van die departement van gesondheid inhegtenis geneem.

Die werker saam met vyf veiligheidsbeamptes staan tereg op klagtes van diefstal van staatseiendom.

Foto: Verskaf

‘n Polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela sê die Upington-polisie het inligting ontvang oor skoonmaakmateriaal en ander items wat sonder ‘n bevel van die departement verwyder is.

Na bewering het die verdagtes die gesteelde items onder mekaar verdeel en meer items is by een van hul wonings gehou vir verdere verspreiding.

Die inligting is geoperasionaliseer met behulp van die personeel van die sekuriteitsfirma en die vermeende huise is deursoek.

“Die polisie het items met beskermings- en skoonmaakmateriaal en onder meer ‘n televisiestel en lugversorging van die Departement van Gesondheid teen ‘n geraamde waarde van R100 000-00 ontdek.”

Foto: Verskaf

Die ses verdagtes tussen 30 en 51 jaar oud sal binnekort voor die landdroshof op Upington verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES