Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee nuwe COVID-19 gevalle vir die Namakwa distrik bekend gemaak
Foto deur pixpoetry op unsplash

465 Nuwe positiewe gevalle van COVID-19  is gister in die Noord-Kaap bevestig, deur die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkezi.

Dit dui op ‘n toename van 61 nuwe gevalle, na die vorige aankondiging.

Die gevalle per distrik is soos gevolg bevestig; Frances Baard – 139, Pixley Ka Seme – 189, John Taolo Gaetsewe – 28, ZF Mgcawu – 91 en Namakwa distrik – 18 gevalle.

Van diè gevalle het 186 mense herstel en een persoon het gesterf.

Twee gevalle is herverdeel en aan ander provinsies toegeken.

Die Noord-Kaap het nou dus 276 aktiewe COVID-19 gevalle.

Dit is as gevolg van die volgende toevoegings en toekennings:

  • ‘n 34-Jarige man van die Khai-Ma Plaaslike Munisipaliteit in die Namakwa-distrik.
  • ‘n 68-Jarige van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit in die Namakwa-distrik.
  • ‘n 55-Jarige man van die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Vyftien mense, 1-jarige seun; 6-jarige dogter; 13-jarige seun; ses mans met die ouderdomme van onderskeidelik 19, 31, 39, 40, 42 en 46, Ses vroue van ouderdomme 29, 40, 41, 47, 51 en 61 van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • ‘n 50-Jarige vrou en twee mans met die ouderdomme van 25 en 41, van die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe distrik.
  • Dertig mense, 25 vroue met ouderdomme 30, 33, 34, 35, 38, 40, 41, 41, 42, 47, 52, 63, 74, 76, 80, 81, 84, 84, 85, 86, 87, 87, 89, 89, en 92. Vyf mans van onderskeidelik 35, 75, 83, 86 en 87  jaar oud van die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Drie mense, ‘n 12-jarige dogter; 24-jarige vrou en ‘n 37-jarige man van Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Drie mense, 28; 35 en 87-jarige vroue van die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Drie mense, 18 en 56-jarige man en ‘n 50-jarige vrou van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.
  • ‘n 41-Jarige man van Kai! Garib Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.

Suid-Afrika het 151 209 totale COVID-19 gevalle, met 73 543 mense wat herstel het met 77 666 aktiewe coronavirus gevalle.

Met die laaste aankondiging is 6 945 nuwe gevalle aangemeld met 2 657 streftes tot op hede aangemeld.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES