Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Mhkezi maak nuwe COVID-19 statistieke bekend

Die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkezi het gister aangekondig, dat die totale getal mense wat positief getoets het vir COVID-19, in die Noord-Kaap toegeneem het vanaf 465 na 494.

Die gevalle per distrik is soos gevolg bevestig: Frances Baard – 153, Pixley Ka Seme – 200, John Taolo Gaetsewe – 31, ZF Mgcawu – 92 en Namakwa – 18 gevalle.

Van diè gevalle het 204 mense herstel, waarvan een afgesterf het.

Twee gevalle is herverdeel na ander provinsies, wat die Noord-Kaap met 287 aktiewe gevalle laat.

Dit is die gevolg van die volgende toevoegings en toekennings:

  • Twee vroue (37, 64) van die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Sewe vroue (30, 33, 38, 41, 44, 52, en 77). Vyf mans (43, 43, 45, 49 en 57) van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in die Frances Baard-distrik.
  • Twee vroue (18, 24) en ‘n 45-jarige man van die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik.
  • ‘n 30-Jarige man van die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • ‘n 30-Jarige man van die Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • ‘n 2-Jarige seun en ‘n 33-jarige vrou van die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Twee vroue (42, 47) en ‘n 54-jarige man van Ubuntu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • Twee vroue, albei 55, ‘n 36-jarige man en ‘n 11-jarige dogter van Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik.
  • ‘n 85-Jarige man van die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit in die ZF Mgcawu-distrik.

Suid-Afrika het 159 333 totale COVID-19 gevalle, met 76 025 mense wat herstel het met 83 308 aktiewe coronavirus gevalle.

Met die laaste aankondiging is 8 124 nuwe gevalle aangemeld met 2 749 streftes tot op hede aangemeld.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES