Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NFM vier Mandela Dag met meer rolspelers
Foto Verskaf: John-Paul Henry @jphnry

Die land en wêreld sal op 18 Julie vanjaar weer Mandela Dag herdenk en mense sit gewoonlik skouer aan die wiel om ’n positiewe verskil te maak in hul gemeenskappe.

Die dag is ter viering en herdenking van die lewe van wyle oud-president Nelson Mandela, wat op diè dag in 1918 gebore is.

Die dag bied ‘n geleentheid vir elke gemeenskapslid om vir minstens 67 minute ’n liefdadigheids-bydrae in hul onderskeie gemeenskappe te maak en sodoende in Madiba se visie van “n beter toekoms vir almal” te deel.

Radio NFM 98.1 in samewerking met die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede Suid-Afrika, is in ‘n beplanningsproses om 2 opritte aan te bring by persone se wonings wat rolstoel-gebonde moet rondbeweeg.

“Dit is sodat hulle beter en gemakliker toegang, in en uit hul wonings kan hê.”

Die gemeenskap se hulp word benodig in die vorm van finansïele bydrae en, of boumateriaal, ter waarde van R5000.00.

Die befondsing sal gebruik word om hierdie toeganklikheidsprogram van stapel te stuur.

Dankbaarheid word uitgespreek vir bydraes om persone met gestremdhede se uitdagings te help verlig met die skep van ‘n toeganklike omgewing.

Vir enige finansiele bydrae tot hierdie bewusmakings projek, kan u oorbetaling doen aan:

Rekening Naam: NSAPD

Rekening Nommer: 082 373 175

Bank: Standard Bank

Spaarrekening

Springbok tak-kode: 050506

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES