Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

ESKOM beplan om 5 munisipaliteite se krag te sny
Illustrasiefoto: David Monje on Unsplash

Elektrisiteitsvoorsieningsdienste aan vyf Noord-Kaapse munisipaliteite sal binnekort gestaak word weens die verontagsaming van die munisipaliteit se betalingsvoorwaardes wat met Eskom gesluit is.

Eskom het intussen 14 dae kennis gegee van sy voornemens om elektrisiteit te staak.

“Die kragreus beplan om op 8 Julie ‘n groot hoeveelheid van elektrisiteitstoevoer te staak.”

Eskom wil die ligte afsit in die volgende munisipaliteite:

  • Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit
  • Magareng Plaaslike Munisipaliteit
  • Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit
  • Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit
  • Khai Ma Plaaslike Munisipaliteit

Eskom sê hy verstaan die nood van elektrisiteit en sal dus gereguleerde onderbrekings in die munisipaliteite implementeer.

Die gereguleerde onderbreking sal lede van die gemeenskap en verbruikers die geleentheid bied om alternatiewe reëlings te tref vir die geskeduleerde onderbrekingsperiodes.

Die staking van die elektrisiteitsvoorsiening sal tydelike geskeduleerde ontkoppeling tot gevolg hê, vanaf Maandae tot Sondae, tussen 06H00 en 20H00.

Eskom raai alle partye aan wat waarskynlik wesenlik en nadelig geraak sal word deur die weerhouding van elektrisiteitsvoorsieningsdienste om alle nodige voorsorgmaatreëls te tref om lewensveiligheid te verseker en om skade aan toerusting, bedrywighede, ens. te beperk.

Vir meer inligting en opdaterings, kontak die Eskom-kontaksentrum by 08600 37566.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES