Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Drie in hof vir dwelmhandel
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Drie verdagtes, Thomas Itemeleng Moshoa (41), Quicy Krots (31) en Tyrique Mickey (15) het Maandag, 06 Julie hul verskyning in die Kimberley-landdroshof gemaak.

Die drie staan tereg op klagtes van dwelmhandel.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi het gesê die polisie het inligting ontvang oor dwelms wat verkoop word by ‘n huis op Roodepan in die Ivory Park-omgewing.

Die Valke, tesame met die polisie op Roodepan en die Kimberkey honde-eenheid, het die wenk opgevolg en die huis gaan deursoek.

“Tydens deursoeking van die perseel, het die polisielede 80 gram tik en Mandrax-tablette gevind en gekonfiskeer.”

Mnisi sê die dwelms het ‘n geraamde straatwaarde van R25 140, en die verdagtes is onmiddelik inhegtenis geneem.

Al die verdagtes is elk borgtog van R500 toegestaan .

Die saak is tot 17 Augustus 2020 uitgestel, hangende verdere ondersoeke.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES