Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord-Kaap COVID-19 infeksies nou meer as 800
Foto deur pixpoetry op unsplash

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gister nóg 86 positiewe gevalle van COVID-19 in die Noord-Kaap bevestig.

Die provinsie het nou ‘n totaal van 820 bevestigde gevalle.

Ses pasiënte het hul stryd teen die virus verloor, maar 237 persone het van die virus genees.

Dit laat die provinsie met 575 aktiewe gevalle van COVID-19.

Foto: Verskaf

Die bevestigde COVID-19 gevalle in die provinsie, is soos volg per distrik geallokeer:

  • 274 Infeksies in die Frances Baard-distrik
  • 320 Infeksies in totaal in die Pixley ka Seme-distrik
  • 107 Infeksies in die ZF Mgcawu-distrik
  • 28 infeksies in die Namakwa-distrik
  • 83 infeksies in die John Taolo Gaetsewe-distrik

Mkhize het gesê daar is in totaal 205 721 positief bevestigde gevalle van COVID-19 in die land.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 864 111 toetse vir die virus doen.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES