Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man 20 jaar gevonnis vir verkragting van minderjariges
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Tebogo Tshegodikae (23) is op 18 Junie 2020 in die Kuruman-landdroshof tronkstraf van 20 jaar opgelê vir verkragting en poging tot verkragting.

Dit kom nadat hy ‘n 13- jarige meisie verkrag en gepoog het om ‘n 15-jarige meisie te verkrag.

Die twee voorvalle het in 2014 en 2015 plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het beide voorvalle bevestig en die vonnis verwelkom.

Die eerste voorval het op 15 Maart 2014, laataand plaasgevind toe die 13-jarige slagoffer deur ‘n vriend vergesel was huistoe, in die Budolong-area op Kuruman.

Die verdagte het die twee agternagesit en die vriend het daarin geslaag om te ontsnap.

Die 13-jarige slagoffer was gevolglik gevang, gedreig en verkrag.

Die verdagte is op 16 Maart 2014 in hegtenis geneem.

Die tweede voorval het op 19 Julie 2015 om 16:40 plaasgevind, toe ‘n 15-jarige meisie hout in die veld, op Bankara gaan haal het.

Die 15-jarige is deur die verdagte gedreig en daarna het hy probeer om haar te oorrompel.

Gamieldien sê die meisie het daarin geslaag om haarself te verdedig en het ontsnap.

Dieselfde dag het die slagoffer lede van die gemeenskap van die insident vertel en die verdagte is kort daarna inhegtenis geneem.

“Tshegodikae is op dieselfde dag skuldig bevind en tot twintig jaar gevangenisstraf gevonnis.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES