Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Nog twee in hof vir bedrog en korrupsie in Kimberley
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Daar het gister nóg twee verdagtes in die Kimberley-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, berdog geldwassery.

Die verdagtes was na bewering ook betrokke by die manipulering van ‘n tender, vir die opknapping van ‘n gebou van die Departement van Gesondheid.

‘n Woorvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat die verdagtes in hegtenis geneem is nadat berigte van ongerymdhede tydens die toekenning van die tenders opgeduik het.

‘n Aansienlike bedrag geld van R74 miljoen, ‘het voete gekry’, uit in ‘n kontrak ter waarde van R494 miljoen.

Alle verdagtes is op verskillende Noord-Kaapse dorpe inhegtenis geneem.

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die departement van gesondheid, mnr Gordon Moncho (51) en Naledi Moncho (28) het Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die verdagtes sluit aan by agt ander verdagtes; Melisa Joys Barnes (36), Godfrey Boitumelo Moncho (51), Graham Whitten (64), Eugene Magalty (46), Derrick Mcdillon (61), Carlo Whitten (40) Beryl Mcdillon (60) en Mervin Ruiters (72) wat Maandag inhegtenis geneem is na die Valke se ernstige ondersoek na korrupsie.

Die agt verdagtes het Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn en is elk borgtog toegestaan van tussen R5000 en R10 000 borgtog.

“Godfrey Moncho is borgtog van R10 000 toegestaan ​​terwyl Naledi Moncho op borgtog van R5000 uit is.”

Die saak is tot 5 Augustus 2020 uitgestel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES