Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee swaar gestraf vir verkragting
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Olebogeng Mothupi en ‘n medepligtige is vroeër vanjaar tot onderskeidelik agt jaar en 20-jaar tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by ‘n saak van verkragting.

Die voorval het in Januarie 2019 plaasgevind op Mothibistad, buite Kuruman in die Noord-Kaap.

Die skuldiges het ‘n vrou ‘n rygeleentheid aangebeid huis toe en inplaas daarvan om haar huistoe te vat, het hulle haar na ‘n nabygeleë, vervalle koshuis-gebou geneem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat Mothupi sy medepligtige gehelp het om die slagoffer te verkrag.

Die slagoffer het probeer veg, maar Mothupi en sy medepligtige het die slagoffer oorval en haar na ‘n kamer gesleep waar sy herhaaldelik verkrag is.

Tawana sê dat Mothupi daarna die slagoffer probeer verkrag het, maar dat sy pogings onsuksesvol was, aangesien die slagoffer geveg het teen beide die verkragters.

Die slagoffer het daarin geslaag om los te breek en weg te kom.

Sy het die saak onmiddelik aan die polisie gerapporteer en hulle is kort daarna inhegtenis geneem.

Die verkragters is borgtog geweier was in aanhouding totdat hulle skuldig bevind is.

Mothupi se medepligtige is op 17 Maart 2020 tot twintig jaar gevangenisstraf gevonnis is op aanklag van verkragting, nadat hy skuldig gepleit het in die Mothibistad-streekhof.

Mothupi is op Vrydag, 3 Julie 2020 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir poging tot verkragting.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES