Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Taxi-bestuurder in hegtenis vir handel in Khat
Foto: Verskaf

‘n Taxi is op Maandag, 13 Julie, omstreeks 01:45 op die N12 deur die Kimberley-polisie gestop.

Die polisie het dwelms tydens deursoeking van die taxi gevind.

Die taxi was oppad vanaf Johannesburg na Kaapstad.

Kaptein Sergio Kock, ‘n polisiewoordvoerder bevestig dat die polisie inligting ontvang het.

Die voertuig het die polisie onmiddelik probeer ontwyk.

Die polisie het die voertuig gestop en deursoek.

Die polisie het 228 bondels khat, ter waardes van R7000 gevind en gekonfiskeer.

Die bestuurder van die taxi is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Die 58-jarige man verskyn binnekort in die landdroshof in Kimberley en polisie-ondersoeke duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES