Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Verkragter vir 2 sake gevonnis
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Op 10 Julie 2020 is die 21-jarige verkragter, Phenyo Semho in die Mothibistad-landdroshof, tot 20-jaar gevangenisstraf gevonnis, vir twee afsonderlike sake van verkragting.

Semho het ‘n 54-jarige vroulike slagoffer na bewering op 03 Februarie 2014, omstreeks 11:00 die oggend, in die veld naby Kahar, Bothitong, verkrag.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die slagoffer oppad was huis toe, toe die verkragter haar aangekeer het.

Semho het die slagoffer met ‘n mes gedreig en daarna verkrag.

Die verkragter het gevlug, maar is later dieselfde dag in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat.

In ‘n tweede voorval, op 02 Desember 2014 het Semho ‘n 16-jarige meisie verkrag.

Die slagoffer het haar 9 maande-oue baba op haar rug gedra toe die voorval plaasvind om 11:00 die oggend, in Battle Mount Village, in die Bothitong-omgewing.

Die slagoffer was oppad huis toe, toe die verdagte haar selfoon gevat het en opdrag gegee het dat sy haar baba op die grond moes neerlĂȘ.

Semho het die tienermeisie daarna verkrag.

Die verdagte is op 11 Januarie 2020 deur die ondersoekbeampte, Sersant Israel Tshose, in hegtenis geneem.

Semho was in aanhouding tot sy vonnisoplegging.

Kolonel Gamieldien, bevestig dat die verdagte deur DNA-toetse aan beide voorvalle gekoppel is.

Die beskuldigde het tien jaar tronkstraf gekry vir elk van die twee verkragtingsake.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES