Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Moordenaar kry 20 jaar agter tralies
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Fuzile Kini (47) is gister, 15 Julie tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Zamile Hlela (40).

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat Kini en die slagoffer in September 2017 in ‘n argument betrokke geraak het.

Kini het gevoglik die slagoffer met ‘n mes in die bors gesteek.

Die slagoffer is later na die hospitaal gehaas maar, het ongelukkig aan sy wonde beswyk.

“Kini is die volgende dag in hegtenis geneem en het later borgtog van R1000 ontvang.”

Die verdagte is in die Richmond-streekhof gevonnis, tot 20 jaar direkte gevangenistraf, vir moord.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES