Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

18-Jarige agter tralies vir moord
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Jason Booysen (18) is op 14 Julie, in die Richmond-streekhof, tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir moord.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat Booysen en die moordenaar drankies geniet het, voordat ‘n argument uitgebreek het.

Llewellyn Olivier (22), was tydens die argument, op 13 Desember 2019 deur Booysen vermoor.

Olivier het die beskuldigde geklap en Booysen het hom 5 keer gesteek.

Olivier het later aan sy wonde beswyk.

Booysen is dieselfde dag in hegtenis geneem en is in die Richmond-streekhof skuldig bevind aan die moord.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES