Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Postmasburg-verkragter swaar gestraf
Foto: Verskaf

Lopang Mabale (32) is op 13 Julie, 10 jaar gevangenisstraf opgel√™, vir die verkragting van ‘n 25-jarige vrou op Postmansburg, in die Noord-Kaap.

Dit kom nadat die verkragter glo die slagoffer ‘n rygeleentheid aangebied het na Newtown, waar sy woonagtig is.

‘n Woordvoerder vir die polisie , Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die beskuldigde in die rigting van Groenwater gery het.

Hy het die motor tot stilstand gebring, die slagoffer gedreig en gevolglik verkrag.

Die verkragter het na die voorval sy rit voortgesit.

Die slagoffer het onmiddelik die saak by die polisie gaan aanmeld.

Die verdagte is later dieselfde aand, in hegtenis geneem en was in aanhouding gehou tot sy vonnispleging.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnispleging verwelkom.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES