Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

SPRINGBOK: Twee in hof vir R1.4m se dagga
Foto: Verskaf

Twee mans verskyn vandag voor die Springbok se landdroshof ná die polisie R1.4 miljoen se dagga oor die naweek in hul besit gevind het.

Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die mans, tussen die ouderdomme van 45- en 46-jaar oud is Saterdag, 18 Julie, in hegtenis geneem tydens ‘n padblokkade op die N7-pad naby Garies.

Die twee verdagtes het na bewering voedselvoorraad en ander goedere vervoer vir ‘n bekende supermark vanaf Kaapstad na Springbok.

“Dagga met ‘n gewig van 97,6kg en ‘n geskatte straatwaarde van R1,4 miljoen is gekonfiskeer.”

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES