Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Ken die COVID-19 lingo
Foto deur Visuals op Unsplash

Die COVID-19 pandemie is tans besig om wêreldwyd verwoesting te saai en ons word daagliks gebombardeer met nuwe terminologie rakende die siekte.

Dokters en gesondheidskundiges is egter steeds besig om die nuwe coronavirus, wat COVID-19 veroorsaak, te verstaan.

“Sommige van die terme kan egter verwarrend wees, daarom is dit belangrik om die terminologie te verstaan en sodoende die virus ook beter te verstaan.”

Hier volg ‘n paar van die mees gebruikte terme, soos uiteengesit deur Africa News Agency:

  • ‘Asimptomaties’ word gebruik om iemand te beskryf wat die virus het, maar geen simptome daarvan toon nie.
  • ‘Totale gevalle’ is die totale kumulatiewe getal van die nuwe koronavirus in ‘n gebied of die land. Hierdie syfer sluit sterftes in, sowel as pasiënte wat herstel het of ontslaan is (gevalle met uitkoms).
  • ‘Aktiewe gevalle’ verwys na individue wat tans deur die COVID-19 koronavirus besmet is.
  • ‘Groeifaktor’ is die faktor waarmee ‘n sekere hoeveelheid homself mettertyd vermenigvuldig. Die formule wat gebruik word is: elke dag se nuwe gevalle gedeel deur nuwe gevalle op die vorige dag.
  • ‘Kontaksporing’ is die opvolging en identifisering van mense wat aan COVID-19 blootgestel is. Dit word gedoen om verdere oordrag te voorkom.
  • ‘Kudde-immuniteit’ is ‘n situasie waar genoeg mense immuun geword het teen die siekte, wat kan ontstaan ​​deur blootstelling of deur ‘n entstof.
  • ‘Inkubasie’ is die periode tussen wanneer iemand besmet word met COVID-19 en wanneer hy of sy simptome begin toon. Volgens gesondheidskenners is die COVID-19-inkubasietydperk van 2-14 dae baie belangrik, soos die lengte van kwarantynperiodes.
  • ‘Uitbraak’ is wanneer baie mense in ‘n omgewing siek word.
  • ‘n ‘Pandemie’ ontstaan ​​wanneer ‘n siekte ‘n groot deel van die bevolking tref, en versprei van ‘n gemeenskap na verskillende lande in die wêreld.
  • ‘Persoonlike beskermende toerusting’ of ‘PPE’ is die toerusting wat gebruik word om ‘n individu teen gesondheids- en veiligheidsrisiko’s te beskerm.
  • ‘Kwarantyn’ is die maatreël wat geneem word om die oordrag van ‘n siekte te voorkom deur die beweging van mense wat aan die siekte blootgestel is, te skei en te beperk van die res van die bevolking.
  • ‘Onderliggende toestand’ is ‘n mediese probleem wat chronies is en langdurige behandeling benodig. Sulke toestande kan hartsiektes, diabetes en longsiektes insluit. Pasiënte met sulke toestande loop ‘n groter risiko om die koronavirus op te doen.
  • ‘Ventilators’ is masjiene wat die asemhalingsproses vir sukkelende pasiënte oorneem. Dit word gedoen deur lug in die longe te lewer deur ‘n buis wat in die mond of neus geplaas word.
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES