Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Namakwa-boere dankbaar vir hulp van regering
Foto deur Gabriel Jimenez op Unsplash

Slegs ’n handjievol boere in die Noord-Kaap het baat gevind by die landbouverligtingsprogram wat deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangebied was.

Sowat 1 400 aansoeke, in die droogtegeteisterde provinsie, is goedgekeur om hulp te ontvang van die landbouverligtingsprogram.

Vroeёr vanjaar, het Minister Thoko Didiza aangekondig dat R1.2 miljard tersyde gestel is vir die verligtig van boere tydens die COVID-19 pandemie asook die nasionale staatsinperking.

‘n Provinsiale woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla het gesê dat meer as 8 800 aansoeke van bestaans- en kleinhandel-boere in die provinsie ontvang is en net meer as 1 400 hiervan, egter goedgekeur is.

1 025 Mans, 251 vroue, 140 jeugdiges en 19 persone met gestremdhede was suksesvol en het toe in aanmerking gekom vir die COVID-19 verligting.

Die verligtingsfonds het die volgende kommoditeite ondersteun: pluimvee, groente, vrugte en winterveldgewasse.

Goedgekeurde boere het insette ontvang in ooreenstemming met die grootte van hul boerderybedrywighede.

Die totale begroting vir goedgekeurde aansoeke in die Noord-Kaap was R42 miljoen.

Die Namakwa-streek het die hoogste aantal goedkeurings ontvang.

Luphahla het verseker dat die keuringskriteria en die kwalifiserende proses deursigtig, duidelik en konsekwent oor alle distrikte in die Noord-Kaap was.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES