Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Onwettige sigarette gekonfiskeer op Springbok
Foto: Verskaf

Die polisie op Springbok het gister, 26 Julie, omstreeks 11:45, ’n Ford Fiesta motorvoertuig, tussen Springbok en Okiep gestop en deursoek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat ’n kontant bedrag van R119 460 in die motor gevind was.

Die geld is vermoedelik verkry deur die verkoop van onwettige sigarette, tydens vlak 3 van die nasionale staatsinperking.

Foto: Verskaf

’n Manlike verdagte is in hegtenis geneem na hy die regulasies van die Rampbestuurswet oortree het.

Verdere ondersoeke het die polisie gelei na ’n besigheidsperseёl op Springbok waar onwettige sigarette gevind was.

Ramatseba sê die polisie het die sigarette, ter waarde van R241 474, gekonfiskeer.

’n Tweede verdagte is onmiddelik in hegtenis geneem.

Die tabakprodukte is na bewering onwettig deur die Oranjerivier, vanuit Namibiё na Suid-Afrika vervoer.

Die saak word verder ondersoek deur die direktoraat vir ondersoek na prioriteitsmisdaad.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES