Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Unies soek duidelikheid oor sluiting van skole
Illustrasie foto: Mwesigwa Joel op Unsplash

Die Suid Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADTU) het in ‘n verklaring versoek dat hulle met die regering wil ontmoet, om hul misnoeë bekend te maak oor die aankondiging deur President Cyril Ramaphosa, dat skole volgende maand weer sal heropen.

Die vakbond sê dat die risiko te groot is vir skole om te heropen, veral in Augustus, tydens die piek van COVID-19-infeksies.

Xolani Fakude, SADTU se sekretaris, het Saterdag gesê dat verskillende onderwysersvakbonde met die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, wil vergader om hul kommer oor Ramaphosa se aankondiging te bespreek.

Faduke sê dat hulle gereeld deur kundiges aangeraai word dat die piek êrens tussen einde Augustus en middel September bereik sal word.

“Wat as ons teen daardie tyd alreeds die hoogtepunt bereik het?”, vra Faduke.

President Ramaphosa het verlede Donderdag aangekondig dat openbare skole, vanaf vandag  27 Julie, vir vier weke gesluit sal wees.

Dit kom met die uitsondering van grade 7 en 12, wat onderskeidelik op 3 en 10 Augustus sal terugkeer.

Verskeie vakbonde in die land het die regering onder druk geplaas om skole te sluit, uit vrees dat onderwysers en leerders in die winterseisoen die virus sou opdoen.

Faduke sê dat die vakbonde op Motshekga se kantoor wag om te hoor of die vergadering sal plaasvind, al dan nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES