Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

$4.3bn lening goedgekeur deur IMF
Foto deur Bermix Studio op Unsplash

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het Suid-Afrika se leningsversoek van $4.3 miljard goedgekeur, om die sosio-ekonomiese impak van COVID-19 aan te spreek.

Dit sal die land se eerste lening van die IMF wees, en die land kan eersdaags die befondsing ontvang.

“Besonderhede oor die verbintenisse wat Suid-Afrika aangegaan het om die lening te ondersteun, sal later in die week bekendgemaak word.”

Daar was gemengde reaksies op die land se versoek aan die IMF.

Uiteindelik was die regering suksesvol, veral tydens die verstikkende greep van die virus en gepaardgaande toestande in die land.

Verlede maand het die minister van finansies, Tito Mboweni, in sy aanvullende begrotingsrede aangekondig dat Suid-Afrika die IMF om noodfinansiering genader het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES