Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

CANSA en Tekkie Tax bring hoop tydens pandemie
Foto: Verskaf

Die moeilike tye wat Suid-Afrikaners tans in die oё staar, het die einde vir baie nie-winsgewende organisasies beteken.

‘n Plaaslike span van die Kanker Vereniging in Suid-Afrika (CANSA) is vasbeslote om deur te druk, veral in tye van swakheid.

‘n Woordvoerder van CANSA op Springbok, Geraldine Baadjies het op die NFM-klankgolwe bevestig dat CANSA onverpoosd voortgaan om lewens te verander en verbeter.

“Alhoewel hierdie span nie so aktief kan wees nie, probeer hulle steeds hul bes om bewusmaakingsveldtogte aan die lewe te hou en geld in te samel om kanker-pasiёnte te ondersteun.”

CANSA is tans besig om fondse in te samel deur maskers te verkoop teen R50 elk.

Die CANSA-embleem verkyn op die masker met die doel om bewusmaking te kweek.

Op Vrydag, 31 Julie, vind die jaarlikse Tekkie Tax-inisiatief plaas.

Baadjies is van mening dat dit nie net ’n CANSA-gedrewe projek is nie, maar dat CANSA wel een van die organisasies is wat baat vind by hierdie projek en ook help met die fondsinsameling.

Die tema vir hierdie jaar se Tekkie Tax-veldtog is, “MAAK DIE SIRKEL GROTER”.

Die doel van die tema is om meer persone en ondersteuners betrokke te kry by die bewusmakingsveldtog.

Die welbekende, neon-kleurige skoenveters en Tekkie Tax-plakkers is reeds landwyd beskikbaar.

Om veilig te wees en om die gemeenskap veilig te hou, vind alle kontak tussen spanne en die gemeenskapslede virtueel plaas.

Die CANSA-kantore word nie tydens die pandemie beman nie, maar persone kan die webtuiste (www.CANSA.org.za) besoek of kontak maak met Baadjies, by 079 174 2855.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES