Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Regering wil besluit oor droogtetoestande in SA herroep
Foto deur Gabriel Jimenez op Unsplash

Die besluit wat deur die regering gemaak is om die klassifikasie van droogte as ’n nasionale ramp te herroep het baie kritiek uit landbougeledere ontlok.

Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president, sê dat dit onverantwoordelik is van die regering.

Volgens Jansen neem die staat nie die bewaring van die grondbodem in ag nie.

Hy sê ook dat dit belangrik is om na die oorsprong van ’n rampverklaring en droogtehulp te let.

Jansen is van mening dat die regering se besluit toon dat hulle hulself nie steur aan die boere se produksie vermoё wat onder druk is nie.

Hy meen ook dat hulle arrogant is, ten opsigte van die beskerming van die grondbodem wat langtermynvoordele inhou as dit bewaar word.

“Produsente in die droogtegeteisterde Noord-Kaap is ook ontneem daarvan om tydens ramptoestande by hul plaaslike munisipaliteite te gaan beding, om tydelike verligting gekry in terme van belasting, omdat ’n boer nie finansieёl in staat is om dit te betaal nie.”

Jansen sê dat daar gekyk moet word na wat die moontlikheid is dat klimaatsverandering ’n uitwerking kan hê op dié ramp.

Daar is nog nie duidelike bewyse oor wat die gevolg en oorsaak kan wees nie alhoewel klimaatsverandering ’n uitwerking op weerpatrone kan hê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES