Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Agri Noord-Kaap veroordeel Hartswater-moorde ten sterkste
Foto: Verskaf

Die aanval op die afgetrede bejaarde egpaar en hul dogter, op Hartswater, is sterk veroordeel deur Agri Noord-Kaap.

Hierdie voorval het plaasgevind in die Magogong-gebied in die Noord-Kaap.

’n Woordvoerder van Agri Noord-Kaap, Joe Scholtz, het hul ongelukkigheid uitgespreek, dat ’n voorval van dié aard in hul midde plaasgevind het.

Scholtz meen dat enige misdrywe of aanvalle op Noord-Kaap plase of kleinhoewe, groot kommer wek.

“Die aanval op die Brand-gesinslede het buite die dorpsgebied plaasgevind en word daarom as ’n plaasmoord geklassifiseer.”

Die organisasie is dankbaar vir die polisie, die Hartswater gemeenskap sowel as die Vaalharts landelike veiligheidseenheid, wat mekaar ondersteun het en spoedig opgetree het om die nodige inltiging oor dié voorval te bekom.

Schotlz sê ook Agri Noord-Kaap deel sy innige medelye met die Brand-familie en die gesinslede se vriende asook die gemeenskap.

Vyf verdagtes is reeds deur die polisie aangekeer.

Tonele word steeds ondersoek deur die polisie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES