Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee in Upington-hof vir vervoer van drank
Foto: Verskaf

Twee manlike verdagtes het gister in landdroshof op Upington versykn nadat hulle die Nasionale Wet op Rampbestuur oortree het.

Hulle is albei op borgtog vrygelaat en die saak is uitgestel nadat hulle Maandagaand, 27 Julie, in hegtenis geneem was.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê dat die polisie besig was met patrollies, voor die Dr Harry Surtie-hospitaal, toe hulle ‘n verdagte wit Isuzu-koeriervoertuig opgemerk het.

Die koeriervoertuig was oor die brug, onderweg na Paballelo en Dakota Weg-omgewing.

Die polisie het daarin geslaag om die voertuig te stop en voortgegaan met ‘n deursoekingsproses.

Die polisie het tientalle bokse vol drank, agter in die voertuig gevind.

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem omdat hulle die Rambestuurswet oortree het.

Beide die alkohol van 354 liter, en die Isuzu-koeriervoertuig is gekonfiskeer.

Foto: Verskaf

Die drank het ‘n beraamde waarde van R150 000.

“Tydens hul hofverskyning gister, is die saak uitgestel vir verdere ondersoek.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES