Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee verdagtes vas vir vermoedelik gesteelde sonpanele
Foto: Verskaf

Die polisie op Van Zylsrus, in die John-Taolo Gaetsewe-distrik in die Noord-Kaap, het op Sondag, 26 Julie, twee verdagtes in hegtenis geneem.

Dit kom nadat hulle in besit van vermoedelik gesteelde sonpanele gevind was.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Adjudant Offisier Mosimaneotsile Letsapa, het bevestig dat die polisie tydens patrolliediens, ‘n verdagte wit Toyota-bakkie opgemerk het, onderweg na die Severn-omgewing.

Die polisie het die bakkie gestop en deursoek.

“Na deursoeking het die polisie vermoedelik gesteelde sonpanele, ter waarde van R200 000 gevind.”

Foto: Verskaf

Die bestuurder van die motor (38), kon nie ‘n duidelike verduideliking gee oor hoe hy die sonpanele bekom het nie en is onmiddelik in hegtenis geneem.

Later het die polisie ‘n tweede verdagte (37), op dieselfde klag, in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf

Die twee verdagtes sal binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n klag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES