Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vyf in hegtenis vir Hartswater-moorde
Foto: Verskaf

HARTSWATER – Die polisie het onlangs vyf verdagtes in hegtenis geneem, op klagtes van roof, ontvoering en moord op drie familielede.

Die gru-aanval het op ‘n plaas, in die Magogong-omgewing, naby Hartswater in die Noord-Kaap plaasgevind.

‘n Nasionale polisiewoorvoerder, Brigadier Vishnu Naidoo, het bevestig dat drie liggame teruggevind is.

“Dit kom nadat ‘n bejaarde, afgetrede egpaar, Danie en Breggie Brand en hul dogter, Elzabie, op Sondag wreed en noodlottig aangeval is.”

Elzabie het by haar ouers gekuier, uit Gauteng, ten tyde van die voorval.

“Hulle is in twee van hul eie voertuie deur ‘n groep verdagtes ontvoer.”

Naidoo het in ‘n stemnota bevestig dat die liggaam van Elzabie in ‘n veld, in die Takaneng-dorpie, naby Taung in die Noordwes-provinsie gevind was.

In daardie stadium het die soeke na haar ouers voortgeduur.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

Please follow and like us:
News

One thought on “Vyf in hegtenis vir Hartswater-moorde

  1. Ja dis net snaaks hoe ‘n Afriforum buurtwag die polisie se werk vir hulle moes gedoen het. As dit van SAPS afgehang het dan was hierdie terroriste nog op vrye voet. Waar was die polisie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES