Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee Bergsig-mans geboei vir meer as R150 000 se mandrax
Foto: Verskaf

BERGSIG- Die polisie op Springbok het vroeër hierdie week ‘n 54-jarige man op Bergsig in hegtenis geneem.

Dit kom nadat hy in besit van dwelms gevind was en ook handel met dit gedryf het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisie het patrollies gehou rondom Springbok, Okiep, Matjieskloof, Concordia, Nababeep en Bersig.

Die N7- en N14-paaie is ook gepatrolleer, om die verspreiding van gesteelde goedere en dwelms te bekamp.

Die patrollies in die Nama Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik, het gefokus op die afdwinging van die Wet op rampbestuur en die nasionale staatsinperking.

Die hoofdoel van die patrollies is om die verspreiding van COVID-19 te stuit.

Die polisie het inligting opgevolg en ‘n perseel fyngekam vir enige bewyse.

“1791 Mandrax-tablette, geskat op ongeveer R150 000, is deur die polisie gevind en gekonfiskeer. Die verdagte is onmiddelik in hegtenis geneem.”

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ramatseba sê die polisie het later dieselfde aand, ‘n tweede verdagte (30), geboei toe hy in besit was van ‘n sakkie-tik.

“Die sakkie-tik het ‘n beraamde straatwaarde van ongeveer R200.”

Die distriksbevelvoerder van Namakwa, brigadier Francis Hender, het lede toegejuig vir hul waaksaamheid om te verseker dat Springbok en omliggende gebiede, dwelmvry is.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES