Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Cele maak die jongste misdaadstatistieke bekend
Foto: Verskaf

Die jaarlikse misdaadstatistieke is vanoggend deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekendgemaak.

Dit word bestempel as Cele se derde keer sedert 2018, waar hy landsburgers oor misdaadsyfers inlig.

“Die land is nog nie waar hy veronderstel is om te wees nie”, het Cele laat hoor.

Cele het gesê alhoewel skole en baie besighede tydens die COVID-19-pandemie hulle deure moes toemaak, het misdadigers steeds met misdaad voortgegaan.

Hy het sy medelye met die familie van die gesin wat op Hartswater vermoor is, uitgespreek. Diè saak is gister uitgestel tot Augustus vanjaar.

KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Gauteng is die provinsies, waarin die meeste verkragtings en moorde aangemeld is.

KwaZulu-Natal is egter die provinsie met die meeste moorde in Suid-Afrika.

Die hoof van die polisie se misdaadnavorsing en statistieke, Luitenant Generaal Norman Sekhukhune het die volgende statistieke bekendgemaak:

  • Moorde: Daar is in die afgelope boekjaar 313 meer moorde as in die vorige boekjaar aangemeld, 21 325
  • Plaasmoorde: Daar het 49 plaasmoorde in die afgelope boekjaar plaasgevind.
  • Veediefstal: Daar is 1 254 minder veediefstalsake aangemeld.
  • Seksuele oortredings: Daar was die afgelope boekjaar 837 meer seksuele oortredings as in die vorige boekjaar, 53 293
  • Verkragtings: Daar is 706 meer verkragtings aangemeld as in die vorige boekjaar, 42 289
  • Poging tot moord: Daar is 335 minder pogings tot moord aangemeld as in die vorige boekjaar, 18 635
  • Aanranding: Daar is 4 259 minder aanrandingsake gemaak as in die vorige boekjaar, 166 720
  • Kapings (motors): Daar is 2 136 meer kapings as in die vorige boekjaar aangemeld.
  • Kapings (vragmotors): Daar is 20 meer kapings van vragmotors aangemeld as in die vorige boekjaar, 1 202
  • Roof by huise: Daar is 1 301 minder roofsake wat by huise plaasgevind het as in die vorige boekjaar, 21 130
  • Inbrake by huise: Gevalle van inbrake by huise het met 14 906 verminder sedert die vorige boekjaar, 69 713
  • Roof by besighede: Daar is 660 meer gevalle aangemeld as in die vorige boekjaar, 20 621
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES