Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Hartswater-moordsake uitgestel tot Augustus
Foto: Verskaf

HARTSWATER- Vyf verdagtes het gister vlugtig in die landdroshof op Hartswater in die Noord-Kaap verskyn, in verband met die gru-aanval en ontvoering op die Brand-gesin verlede Sondag, 26 Julie.

“Tshepho Visagie, Donald Seoleseng, Tshepaone Melato, Kgomotso Mpulwana en Realeboga Manyedi is die vyf hoof-verdagtes in die moordsaak, wat gister uitgestel is tot Augustus.”

‘n Woordvoerder vir die polisie, Bigadier Mohale Ramatseba het vroeër vandeesweek die moorde op Danie Brand, sy vrou, Breggie en hul dogter, Elzabie bevestig.

Die moorde was deur Agri Noord-Kaap se President, Nicol Jansen, sterk veroordeel.

Gemeenskapslede het ook in groot getalle by die hof saamgetrek, om hul skok en ondersteuning aan familielede en vriende te betoon.

“Die veiligheidsverteenwoordiger van die Vaalharts-veiligheidskomitee sê die protesoptog waarin gemeenskappe geëis het dat die verdagtes nie op borgtog vrygelaat word nie, het goed afgeloop.”

Vragmotors, bakkies en trekkers was deel van gister se konvooi.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES