Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Noord-Kaap bevestig 267 nuwe COVID-19 gevalle
Foto deur Fragranceum senior @fragranceum op Unsplash

Die jongste COVID-19 syfers in die land, is gisteraand deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes bekendgemaak.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gesê die Noord-Kaap, wat die minste gevalle in die land het, steeds ‘n daaglikse toename in gevalle toon.

“Die provinsie het tot op hede, 4 402 positief bevestigde gevalle, nadat 267 nuwe gevalle aangemeld was.”

29 Pasiënte het tot dusver hul stryd teen die virus verloor.

Dit laat die provinsie met 1 341 aktiewe gevalle van die virus.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES