Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee mans geboei vir onwettige sigarette
Foto: Verskaf

Die polisie in Kimberley het gister ‘n verdagte man opgemerk, wat ‘n snoepwinkel in Blackstraat, in die New Park-omgewing verlaat.

Die polisie, met behulp van die honde-eenheid het die man gestop en hom ondersoek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê die polisie het ‘n swart sak in die verdagte se besit gevind.

In die sak was 10 pakkies onwettige sigarette ter waarde van R450-00 gevind en gekonfiskeer.

Gamieldien sê die polisie het die verdagte gevra hoe hy die tabakprodukte bekom het.

Die verdagte het die polisie na die snoepwinkel gelei en die polisie het die perseel deursoek.

“Tydens die deursoekingsproses, het die polisie onwettige sigarette, ten bedrae van R13 850 ontdek.”

Gamieldien het bevestig dat die polisie al die onwettige tabakprodukte gekonfiskeer het.

Twee mans, van 35- en 45- jaar oud, is in hegtenis geneem en aangekla vir die oortreding van die Rampbestuurswet.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES