Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Calvinia-man kry 18jaar tronkstraf vir dwelmhandel
Illustrasie foto: Bill Oxford op Unsplash

Sbonke Banele Bengu (28), is Donderdag in die Calvinia-streekhof,18 jaar tronkstraf opgelê weens dswelmhandel.

“Bengu is ook deur die hof, onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.”

‘n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi het gesê dat Bengu alreeds in September 2018, deur die Calvinia-polisie, met behulp van die honde-eenheid, in hegtenis geneem is.

Dit kom nadat die polisie inligting ontvang het oor ‘n verdagte voertuig wat in en om Calvinia gery het.

Die voertuig is later by ‘n vulstasie raakgesien, nadat dit glo weens meganiese probleme gebreek het.

Die polsie het die voertuig deursoek.

Na deursoeking het die polisie Mandrax-tablette gevind, wat in bokse in die kattebak versteek was.

Die beraamde waarde van die dwelms is , R6,5 miljoen.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom en beloof om ‘n dwelmvrye gemeenskap te kweek.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES