Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Namakwa Besighede tydens Covid-19
Illustrasie foto: Visuals op Unsplash

Die COVID-19 pandemie en nasionale staatsinperking, het sonder twyfel almal se lewens om-ver gegooi.

Besighede in Namakwaland het ’n groot knou weg, maar eienaars bly egter positief.

Namakwaland Oogkundiges is een van dié besighede, wat onder moeilike omstandighede, kop bo water probeer hou en terselfdertyd terug te gee aan die gemeenskap.

Die praktyk was tydens vlak 5 van die nasionale staatinperking gesluit, en het op die 1ste Mei vanjaar heropen.

‘n Woordvoerder vir Namakwaland Oogkundiges, Tharien Schoeman, vertel dat hulle teruggekeur het na die ‘nuwe normaal’ toe.

“Ons werksure het verminder en hoe dinge op kantoor gedoen word, is ook anders.”

Namakwaland Oogkundiges het ook ’n projek geloods, om terug te gee aan die gemeenskap.

Hulle samel lap-maskers in en skenk dit vir kinders wat nie maskers kan bekom nie.

Schoeman sê dat hulle nie wil hê kinders moet van skole af weggewys word, omdat hulle nie ’n masker het nie.

Die besigheid het ook tydens vlak 4 van die nasionale staatsinperking, kos vir minder bevooregtes gemaak en dit uitgedeel.

“Die Here het ons gedra en geseёn tot nou toe en daarom wil ons ander ook seёn”, sê Schoeman.

Namkwaland Oogkundiges beloof om veiligheid te handhaaf, wanneer pasiёnte vir oogtoetse kom.

Daisy Country Lodge is ’n gastehuis in die Namakwa-gemeenskap waarmee NFM Nuus ook gesels het.

Hierdie gastehuis het goeie veiligheidsmaatreёls in plek vir hul gaste.

Gaste ontvang soggens ontbyt-bokse in hul kamers, omdat ’n risiko is om te veel gaste in die onbytsaal toe te laat.

Aandete word ook snags in kamers bedien.

Die personeel wag min of meer ’n uur om kamers skoon te maak, nadat gaste vertrek.

Die eienaar van Daisy Country Lodge, vertel dat hul gaste meestal kontrakteurs is, wat oor ’n tydperk van min of meer 3 weke hulsef daar vestig.

Die gastehuis maak ook seker dat hul gaste die nodige reis dokumente het.

Sy vertel dat hulle in die tyd staat maak op gaste, om hul gastehuis te bemark.

Alhoewel die gastehuis baie funksies en hul jaarlikse blommetoere verloor het, hou hulle steeds moed.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES