Alle paaie lei na Kimberley vir die langverwagte ANC bestaansjaarvieringe
President Cyril Ramaphosa. Foto: Verskaf.

Meer as 25 000 partylede en ondersteuners van die nasionale regerende party word môre verwag by die Tafel Lager Park-stadion in Kimberley.

Na ver wagting sal President Cyril Ramaphosa ‘n toespraak lewer tydens die ANC se 108ste bestaansjaarvieringe, het OFM berig.

Daar word berig dat weens veiligheidsmaatreëls word die publiek verbied om enige sambrele te gebruik.

Bywoners sal die bloedige son moet trotseer. Die rede hiervoor is om enige voorvalle te probeer verhoed, het ‘n woordvoerder vir die ANC, Pule Mabe gesê.

Die besluit het ’n oorvloed kommentaar op sosiale media ontlok van ontevrede ondersteuners van die party.

Mabe het intussen belangstellendes aangemoedig om voor te berei vir die warm weer deur “sonslim” te wees deur gebruik te maak van sonskerm, ’n sonhoed en sonbril.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n maksimum temperatuur van 31 grade Celsius vir môre in Kimberley voorspel.

Verder het Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder vir die polisie, melding gemaak van beplande protes-aksies wat wettiglik gedoen moet word – daar sal ook geen persone toegelaat word met wapens of wat onder die invloed van drank is nie.

Naidoo het bygevoeg dat daar tot dusver geen voorvalle aangemeld is nie.

Die Kimberley polisie is ook slaggereed om veiligheid te verseker.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES