Borg NFM Ontbyt
Calvinia-man gevang met een-duisend mandrax-tablette
Foto: Verskaf

Die polisie op Calvinia en lede van die misdaadintellegensie-eenheid, het vroeg gisteroggend inligting ontvang, oor ’n persoon wat dwelms na Calvinia vervoer.

Die polisie het die inligting opgevolg en beslag gelê op dwelms.

’n Woordvoerder vir die polisie, Adjudant-Offisier Hantie Houghton-Hawksey, het bevestig dat ’n 35-jarige man aangekeer is, met tik en mandrax-tablette.

Die polisie het 1000 mandrax-tablette en 360 gram tik gekonfiskeer.

“Die geskatte straatwaarde van die dwelms beloop R230 000.”

Houghton-Hawksey sê ‘n manlike verdagte is in hegtenis geneem op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Calvinia-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *