Carnavon-man swaar gestraf vir verkragting
Illustrasie Foto: deur Tingey Injury Law Firm op Unsplash

Sello Maphongoa is vroeër vandeesweek, op Woensdag, 21 Oktober, in die Carnavon-streekhof, lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Maphongoa is skuldig bevind nadat hy sy vriendin seksueel aangerand het.

‘n Woordvoerder vir polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die slagoffer en Maphongoa aan die stry geraak het, toe hulle ‘n plaaslike sportkroeg besoek het.

Maphongoa het sy vriendin daarvan beskuldig dat sy hom verneuk.

“Die verkragter het die slagoffer na sy woonplek geneem, haar met ‘n mes gedreig en haar herhaaldelik verkrag.”

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Die Carnarvon-streekhof het ook die skuldige, ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES