Borg NFM Ontbyt
COVID-19 gevalle styg steeds in Nama-Khoi regsgebied
Foto: Verskaf

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gisteraand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het een nuwe geval van die virus in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op 519 te staan, terwyl 331 pasiƫnte van die koronavirus herstel het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het huidiglik 183 aktiewe gevalle van die virus.”

COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat nog 35 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer op 23 003 te staan, terwyl die provinsiale dodetal 306 bereik het.

Tot dusver het 19 428 persone die koronavirus geklop, wat die provinsie laat met 3 267 persone wat steeds COVID-19 onder lede het.

COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die COVID-19 infeksiesyfer het oornag met 2 493 nuwe gevalle meer geword, in Suid-Afrika.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 772 252 te staan en die dodetal op 21 083.

Tot dusver het 716 444 Suid-Afrikaners alreeds van die virus herstel.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *