Borg NFM Ontbyt
COVID-19 syfers neem toe in Nama-Khoi regsgebied
Foto: Verskaf

Die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het Sondagaand die jongste COVID-19 statistieke vir die land bekendgemaak.

Mkhize het een nuwe geval van die virus in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.

Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op 526 te staan, terwyl 331 pasiƫnte van die koronavirus herstel het.

“Die Nama-Khoi regsgebied het huidiglik 190 aktiewe gevalle van die virus.”

Jongste COVID-19 statistieke in Noord-Kaap.

Die minister het bygevoeg dat nog 30 persone in die Noord-Kaap positief getoets het vir die virus.

Dit bring die provinsie se totale infeksiesyfer op 23 185 te staan, terwyl die provinsiale dodetal 313 bereik het.

Tot dusver het 20 674 persone die koronavirus geklop, wat die provinsie laat met 2 196 persone wat steeds COVID-19 onder lede het.

Jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

Die COVID-19 infeksiesyfer het oornag met 2 563 nuwe gevalle meer geword, in Suid-Afrika.

Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 787 702 te staan en die dodetal op 21 477.

Tot dusver het 730 633 Suid-Afrikaners alreeds van die virus herstel.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *